19 Januarie 2022
Die EFF-leier, Julius Malema en ander partylede besoek vandag die Kreme restaurant in Johannesburg se Mall of Africa om te kyk na die indiensnemingsverhouding tussen Suid-Afrikaners en buitelandse burgers.
Hy meen dit is belangrik om ondersoek in te stel na die werknemers se werksomstandighede en om te verseker dat buitelandse werkers nié uitgebuit word nie.
Hy sê die doel van die besoeke is nie om teen mede Suid-Afrikaners te baklei nie, maar eerder om seker te maak dat daar goeie samewerking is tussen die verskillende werkers en die bestuur van restaurante.
Malema meen dit gebeur te gereeld dat Suid-Afrikaners werk soek by restaurante, maar dat buitelanders dan al die poste beklee. “Moenie die buitelanders haat nie, maar eerder die eienaars van restuarante wat nié genoeg plaaslike werkers aanstel nie.”
Die bestuurder van Kreme was aanvanklik nie gretig om met Malema te vergader nie en het in ‘n video gesê dat die EFF-leier die besoeke nie in sy amptelike kapasiteit besoek nie. Hy het egter ingestem tot ‘n vergadering met net die drie leiers van die EFF.