Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Steenhuisen vra vir ondersoek oor foutiewe kiesersbestuurstoestelle

2 November 2021

Die leier van die DA, John Steenhuisen, wil hê dat ‘n ondersoek gelas moet word na foutiewe kiesersbestuurstoestelle wat tydens die plaaslike regeringsverkiesing gebruik is.

Steenhuisen is van mening dat baie Suid-Afrikaners hierdeur van hulle stemreg ontneem is.

Sy uitsprake kom op dieselfde dag wat die VF Plus se Wouter Wessels beweer het dat tot soveel as 70 000 kiesers hierdeur geraak is, terwyl die OVK meen dat dit nie veel meer as 6000 kiesers beïnvloed het nie.

Wessels is ook van mening dat die kwessie moontlik in die kieshof sal kan draai, afhangende van die uitslag van sekere munisipale rade.

Die OVK se nasionale senior bestuurder van verkiesingsbedrywighede, Granville Abrahams, het gesê die aangeleentheid het die nodige aandag gekry en kieses wat hierdeur geraak is, is per SMS gekontak en meegedeel dat die saak opgelos is en hulle na dieselfde stemlokale kan terugkeer.


Steenhuisen glo egter dat ‘n onafhanklike ondersoek na die OVK – as ‘n Hoofstuk 9-instelling – nodig is om sy foute op stemdag – en sy optrede in aanloop tot die verkiesing – te belig.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gq_5ZqlXwAA4loq

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Ander Nuus Artikels

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n
Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer
South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende