12 Januarie 2022
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL sê daar is steeds nie duidelikheid oor wanneer die herstelwerk aan die sinkgat op die N1 afgehandel sal wees nie.
Die linkerbaan van die N1-Suid net voor Bothalaan in Centurion is gesluit nadat ‘n sinkgat in die padreserwe ontwikkel het.
LEES OOK: NÓG ‘N SINKGAT VORM IN CENTURION
SANRAL het vroeër ‘n span ingenieurs en die roetine padonderhoudspan uitgestuur om die situasie te takseer en ‘n plan van aksie uit te werk.
Intussen is geotegniese spesialiste ook ingespan om die situasie te ontleed.
`n Woordvoerder van SANRAL, Progress Hlahla sê dit is in die stadium te moeilik om aan te dui wanneer die herstelwerk voltooi sal wees.