“Station Strangler” dalk binnekort op parool vrygelaat


Luister nou

Volgende

“Station Strangler” dalk binnekort op parool vrygelaat

11 Julie 2023

Die omstrede Stasiemoordenaar – in Engels bekend as die Station Strangler, Norman “Afzal” Simons – sal na verwagting volgende week op parool vrygelaat word.

Simons het byna drie dekades agter tralies deurgebring nadat hy in 1995 aan die moord op die 10-jarige, Elroy van Rooyen skuldig bevind is.

Hoewel hy destyds van tot soveel as 22 moorde en verdwynings verdink is – kon dit nie bewys word nie. Tussen 1986 en 1994 is die liggame van 22 jong seuns in vlak grafte in Mitchells-plein gevind.

Die “Daily Voice” sê die departement van korrektiewe dienste het vergaderings met die polisie van Mitchells-plein en verskeie gemeenskapsorganisasies belê om die besonderhede van Simons se vrylating op die 20e Julie te bespreek.

Hulle het glo reeds met Van Rooyen se familie gepraat en sal nou ook met die ander families vergader.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

“Station Strangler” dalk binnekort op parool vrygelaat


Luister nou

Volgende