30 Augustus 2023
Die burgemeester in die Tshwane-metro, Cilliers Brink sê daar is lankal nie meer ‘n staking oor salarisverhogings in die stad nie, maar eerder misdadige elemente op ‘n massa skaal.
Die vakbond, Samwu het ‘n maand gelede met ‘n staking begin weens eise vir ‘n salarisverhoging, maar volgens die metro vind vandalisering en misdaad nou plaas onder die dekmantel van die staking. Brink het vanoggend saam met die stadsbestuurderm Johann Mettler ‘n mediakonferensie oor die situasie gehou.
Die staking het begin toe die metro aangekondig het dat hulle weens die finansiële uitdagings géén salarisverhogings sal aanbied nie. Volgens Mettler werk hulle saam met die Tshwane-metropolisie en die polisie om inwoners se veiligheid te verseker. Dít nadat verskeie vullisverwyderingsvragmotors die afgelope paar dae aan die brand gesteek is.
Mettler sê by brandpunte is bykomende veiligheidspersoneel ontplooi om soortgelyke voorvalle te voorkom.
Hy sê verder dat die metro daagliks aantekeningsregisters monitor om seker te maak dat werknemers wel opdaag vir werk. Mettler sê as daar nie bewyse bestaan dat iemand wel opgedaag het vir werk nie sal ‘n geen werk, geen betaling strategie gevolg word.
A no work, no pay principal has been applied #TshwaneIlegalStrike pic.twitter.com/uXVrLZgjoM
— City of Tshwane (@CityTshwane) August 30, 2023
