Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Staking deur Makro-werknemers op die horison

28 Oktober 2022

‘n Staking word verwag nadat loononderhandelinge by Massmart en sy Makro-winkels weereens ‘n dooie punt bereik het. 

Die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie hanteer die onderhandelinge van die afgelope paar maande, maar volgens berigte kon daar nie tot ‘n vergelyk gekom word nie. 

Die vakbond, Saccawu eis ‘n verhoging van 12% vir die werknemers van Makro se 22 landswye winkels. Massmart bied egter net 4,5% aan. Volgens Saccawu is 85% van Makro-werknemers lede van die vakbond, en het hulle reeds Woensdag met stakings by van die winkels begin. 

Verder eis die vakbond ook ‘n minimum loonverhoging van R8 000 per maand, verhoging in kommissie van 10% na 20%, 13de salaris vir alle werknemers en ‘n uniform toelaag van R100.

Die loononderhandelinge hervat môreoggend, maar Saccawu sê hy sal aanhou met sy staking indien daar nie aan sy eise voldoen word nie. 

Massmart het in reaksie gesê dat die vakbond se eise onrealisties is. Die maatskappy sê dat hulle planne in plek het om te verseker dat bedrywighede by Makro voortgaan. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende