25 Mei 2021
Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het tydens haar begrotingsrede in die parlement gesê dat stadsrade in Suid-Afrika meer as R12.6-miljard aan die onderskeie waterrade skuld.
Die regering het die afgelope tyd sy kommer oor dié bedrag – wat aanhou styg – uitgespreek.
Sisulu sê hulle het vasgestel dat 41% van die water wat deur stadsrade verskaf word, nie ‘n inkomste genereer nie.
Die verlies aan water word aan verskeie redes toegeskryf, wat wissel van water wat verlore gaan weens lekkasies tot verbruikers wat nie vir die water betaal nie.
Sy sê egter daar word op verskeie gebiede vordering gemaak.