Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Staatskoerant: Betaalde verlof vir Covid-19-inenting

15 Junie 2021

Nuwe regulasies wat deur die departement van arbeid en indiensneming in die Staatskoerant gepubliseer is, verplig werkgewers om betaalde verlof toe te staan vir werknemers wat hulle teen Covid-19 wil laat inent.

Deel van die nuwe regulasies laat ook toe dat ‘n werknemer siekverlof mag neem as hy of sy enige newe-effekte van die inenting toon – sonder dat ‘n bykomende siektesertifikaat deur ‘n geneesheer uitgereik hoef te word.

Werkgewers word ook verplig om – met insette van vakbonde en veiligheidkomitees – ‘n risikobepaling te doen hoe om die oordrag van die virus in die werksplek te beperk.

Die regulasies bevat ook omvattende voorskrifte oor optrede deur die werkgewer tydens ‘n uitbreking by die werksplek, asook sosiale afstand wat by die werksplek gahandhaaf moet word en die nagaan van werknemers vir enige bekende simptome.

Die nuwe regulasies, wat deur minister Thulas Nxesi onderteken is, fokus meestal op die hantering van arbeidsverhoudinge tydens die inentingsprogram en bevat ook riglyne wat in ag geneem moet word indien ‘n betrokke werkgewer ‘n verpligte inentingsbeleid in werking wil stel.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende