20 Januarie 2022
Die hoofondersoeker in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, Frank Dutton is gister in die ouderdom van 72 oorlede nadat hy reeds lank siek is.
Sy dood kom kort voordat die tweede deel van die staatskapingsverslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig moet word. Volgens News24 was Dutton reeds ‘n geruime tyd siek.
Hy het ook ondersoeke gelei na die dood van Ahmed Timol en Neil Aggett. Dutton is in 1949 in Warmbad/ Bela Bela in Limpopo gebore en was voorheen aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens verbonde.