3 November 2022
Die Vereniging vir Staatsdiens Amptenare (PSA) sal vandag begin met sy landswye plakkaatbetogings, na salarisonderhandelinge op ‘n dooiepunt uitgeloop het.
Die PSA verteenwoordig 235 000 staatsdienswerkers, en beplan om vanaf volgende week met ‘n volskaalse staking te begin.
Hulle sal ook ‘n landswye optog hou op 10 November. Volgens die vereniging het hy reeds ‘n week gelede in ‘n skrywe aan die Staatsdiens Koördinerende Bedingingsraad gerig waarin die raad ingelig word van sy voorneme om te staak.
Die PSA sê die regering se aanbod van 3% salarisverhogings is ‘n klap in die gesig van werkers, wat sukkel met stygende lewenskoste.