Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“SR wat liedjies oor moord sing kan nooit as leiers erken word nie,” sê jeugorganisasie

14 September 2023

AfriForum Jeug het die nuus verwelkom dat die EFF kandidate vir die studenteraad (SR) van die Universiteit van Pretoria (UP) geskors is.

Dit volg nadat dit vroeër vanoggend aangekondig is dat al agt verkose studenteraadskandidate van die EFF Student Command (EFFSC) UP gediskwalifiseer is weens hul oortreding van studenteraadsverkiesingsreëls.

AfriForum Jeug sê dié besluit is geneem deur die universiteit se onafhanklike verkiesingsmoniteringspaneel (IMB).

LEES OOK: EFF WIL UNIVERSITEIT TOT STILSTAND DWING OOR SR-VERKIESING

AfriForum Jeug het verlede week in ’n brief aan die universiteit se leierskap geëis dat die EFFSC UP as ’n studentevereniging gederegistreer word en dat hul studenteraadskandidate (SR) geskors word. Die organisasie se woordvoerder, René van der Vyver sê hul het ook ‘n klag teen die voorlopige SR-verkiesingsuitslae ingedien.

“Die EFFSC UP het hulself skuldig gemaak aan intimidasie, aanhitsing tot geweld, die ontwrigting van studiesessies en die aanvuring van rassespanning.” Van der Vyver meen ‘n SR wat liedjies oor moord sing, studies ontwrig of studente intimideer kan nooit as leiers erken word nie.

“Die universiteit het ’n verantwoordelikheid om studente te beskerm en diegene wat ontwrigting veroorsaak, te keer. Studente wat onveilig voel, kan AfriForum Jeug in kennis stel van enige intimidasie of geweld,” sluit Van der Vyver af.

Foto: Skills Portal

https://twitter.com/ReneVanderVyver/status/1702246690651083026
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende