Spyseniering op presidensiële straler kos byna R140-miljoen


Luister nou

Volgende

Spyseniering op presidensiële straler kos byna R140-miljoen

10 Januarie 2024

Die minister van verdediging, Thandi Modise, het aan die parlement gesê die land se belastingbetalers het die afgelope vyf jaar byna R139-miljoen betaal om president Cyril Ramaphosa en sy gevolg aan boord van sy presidensiële straler, Inkwazi kos te gee.

Modise het die onthaalrekening onthul in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die leier van die DA, John Steenhuisen.

Modise se kantoor het in reaksie dié syfers ontken en by navraag het die minister se woordvoerder, Amos Phago gesê dié bedrae is nie net vir die spyseniering nie.

Phego voer aan dat dié bedrag na die totale bedryfskoste verwys en sluit die koste van brandstof, vlugklarings- en oorvliegfooie, parkering, lughawehanteringsfooie, verblyf vir bemanning en hervulling is.

Die leier van die DA, John Steenhuisen het ‘n beroep op Modise gedoen om te verduidelik hoeveel geld aan elke maaltyd op elke vlug vir die afgelope drie boekjare bestee is, asook die kostes sedert April 2023.

Hy het verwys na ‘n vlug in 2022 toe dit glo R600 000 gekos het vir 18 belangrike persone se kos aanboord die Inkwazi tydens ‘n vlug van Londen na Suid-Afrika ná koningin Elizabeth die tweede se begrafnisdiens.

Foto: TimesLive

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Spyseniering op presidensiële straler kos byna R140-miljoen


Luister nou

Volgende