21 April 2023
Die Springbokke gaan dalk sy Groen en Goud uitrusting vir die jaar se Rugby Wêreldbeker kompetisie in Frankryk moet wysig.
Wêreld Rugby het stil-stil ‘n beleidsverandering aangebring, om rugby meer toeganklik te maak vir kleurblind ondersteuners.
Volgens die nuwe beleid sal die bokke ‘n wit streep op die trui moet aanbring, en sal hulle of die All Blacks glad nie in hulle tradisionele groen en swart hemde teen mekaar kan speel nie.
Wêreld Rugby het die beleid verander om die spel meer inklusief te maak.
SA Rugby het glo reeds aan Wêreld Rugby geskryf dat hy nie noodwendig gaan voldoen aan die vereistes om die truie te wysig nie.