29 Julie 2024
‘n Veteraan sportkommentator, Bob Ballard is deur die Olimpiese Komitee van sy pos verwyder nadat hy “seksistiese uitlatings” gemaak het teenoor vier van Australië se vroue swemmers net nadat hulle die goue medalje gewen het.

Mollie O’Callaghan, Emma McKeon, Meg Harris en Shayna Jack het pas China en Amerika geklop in die vier by 100 meter vryslag, toe Ballard die uitlatings maak.
Hulle het ‘n oomblik geneem om buite die swembad hulle oorwinning te vier, toe Ballard sê “dat hulle, hul tyd neem omdat hulle soos tipiese vroue sekerlik eers hulle grimering doen.” Sy mede-kommentator, die Britse swemkampioen, Lizzie Simmonds het dadelik die uitlating as “verregaande” beskryf, waarna Ballard gelag het.
Ballard is reeds sedert die 1980’s ‘n geliefde sportkommentator van sportsoorte soos waterpolo, yshokkie en swem.
Foto: The Sporting News Australia