1 November 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bekend gemaak dat 83% van die kiesers – wat geregistreer het om vooraf spesiale stemme uit te bring – hulle kruisies getrek het.
Die OVK sê kiesers wat geregistreer het, maar nie opgedaag het nie, kan steeds vandag hulle stem uitbring.
Ongeveer 1,1-miljoen kiesers het gerigstreer om vooraf hulle stemme uit te bring, maar dit sluit bejaardes en bedlêende persone in wat deur die OVK by hulle wonings besoek is.
Van die 620 000 kiesers wat op eie stoom by die stempunte moes uitkom, het net meer as 502 000 kiesers opgedaag.
Stembusse sal vanaand landswyd tot 21:00 oop wees.
Stem vir die Aitsa’s