29 Desember 2023
SpaceX se Falcon Heavy-vuurpyl is vir die sewende keer die ruimte ingestuur om die Amerikaanse weermag se sogenaamde geheimsinnige X-37B-hommeltuig op sy navorsingsmissie te neem.
Die vuurpyl is gister vanaf NASA se Kennedy-ruimtesentrum in Florida lanseer.
Dis nie seker waarheen die onbemande ruimtetuig met die hommeltuig aan boord op pad is nie.
Die Pentagon het gesê dat die missie verskeie gevorderde eksperimente behels.
Die Falcon Heavy se lansering kom slegs twee weke nadat Sjina sy eie geheimsinnige robotiese ruimtevliegtuig, die Shenlong, ruimte toe gestuur het.
Herwinbaretegnologiestawing en ruimtewetenskapeksperimente sal uitgevoer word om tegniese steun te kan bied vir die vreedsame gebruik van die ruimte,” het die Xinhua-nuusagentskap gesê.
