Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Sosiale orde en stabiliteit

Nuuskommentaar: 2 September

Deur: Barend Uys

Oor die laaste paar weke woed daar ’n hewige debat oor die moontlike uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing as gevolg van die beperkings wat die regering se COVID-19 maatreëls veroorsaak. Die uitstel van die verkiesing word nou in die howe beveg, en daar word onder andere aangevoer dat vervallende dienste en infrastruktuur veroorsaak word deur ’n gebrek aan goeie regering op voetsoolvlak en burgers moet daarom die geleentheid kry om nuwe verteenwoordigers op plaaslike vlak te verkies.

Daar is egter ’n ander orde wat naas die partypolitieke orde bestaan wat oor die algemeen baie minder aandag kry, veral in die media. Dít is die tradisionele orde wat ’n baie belangrike rol speel, veral in meer landelike gebiede. Die instelling van tradisionele leierskap is ’n gemeenskapsinstelling wat al eeue bestaan en verskeie regerings- en staatsordes deurleef het en sal deurleef. Goeie tradisionele leierskap lei histories tot stabiliteit en vooruitgang; wankelende tradisionele leierskap loop uit op onstabiliteit, stagnasie en soms selfs geweld. Die impak van tradisionele leierskap kan nie onderskat word nie – baie mense wat in stede bly is hier slegs om te werk, en beskou hul huis binne hul eie tradisionele gebied as hul enigste ware tuiste.

Indien daar ondersoek ingestel word na die stand van sake rondom tradisionele leierskap is daar rede tot groot kommer. Verskeie hofsake word tans gevoer oor wie nou eintlik die legitieme tradisionele leier van ’n tradisionele gemeenskap is – hier kan byvoorbeeld die stryd oor die koningskap van die Mpondo en Bapedi genoem word. Daar woed ook ’n stryd vir die opperhoofskap van kleiner tradisionele gemeenskappe soos die Barolong Boo Seleka naby Bloemfontein en die Bahlakwana Ba Rantho naby Roossenekal. Tradisionele leiers moet, as verteenwoordigers van hul gemeenskappe, geraadpleeg word oor wat op die grond gebeur wat onder hul administrasie is, dit sluit infrastruktuurontwikkeling en die vestiging van myne in. Indien mens dit besef, besef mens hoeveel op die spel is vir tradisionele leiers en hul gemeenskappe, en waarom daar soveel kommersiële en politieke belang en toutrekkery in die agtergrond is.

Die debat oor onteiening sonder vergoeding en grondrestitusie is ook deurlopend aan die gang, en ook hier word die rol van tradisionele leierskap onderspeel. Gemeenskapseiendomsvergenigings (of CPA’s soos wat meeste mense dit ken) waarby tradisionele leierskap betrokke is, is stabiel – al word positiewe uitkomste meestal gekortwiek deur ’n gebrek aan die korrekte ondersteuning. Gemeenskapseiendomsverenigings wat sonder die ondersteuning van tradisionele leierskap funksioneer ontaard in baie gevalle in twis en chaos wat daartoe lei dat die verenigings deur die owerheid onder administrasie geplaas word wat weer lei tot ’n geleentheid vir plundering tot nadeel van die gemeenskap wat die grond besit.

Wanneer mens daarna strewe om werklik probleme op te los en ’n toekoms te verseker kan mens nie bekostig om werklikhede te ignoreer om dat dit kultuurvreemd is nie. Tradisionele leierskap het ’n belangrike rol om te speel in die toekoms van tradisionele gemeenskappe en daarom is dit die moeite werd om dié gemeenskapsinstellings te beskerm en versterk.

Die regering gaan nie vir ons kinders ’n toekoms verseker nie. Gemeenskapsinstellings, en goeie verhoudinge en samewerking tussen die instellings van verskillende gemeenskappe, hou die sleutel tot ’n toekoms waar ons vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende