25 Augustus 2021
Dit gons op sosiale media oor die vuurbal wat gisteraand in die lug gesien is, in groot dele van Gauteng, Noordwes en Limpopo.
Die verskynsel het gisteraand net na 6 uur, van ‘n noordelike na ‘n suidelike rigting deur die lug getrek.
Dit is selfs so ver as in Bulawayo in Zimbabwe, asook in Botswana gesien.
Dit is heel waarskynlik ‘n meteoor, of ‘n groot stuk ruimterommel wat in die atmosfeer inbeweeg het.
Volgens Nasa se webtuiste sou twee meteore Dinsdag naby die aarde verbybeweeg het.
https://twitter.com/Joburgcoza/status/1430422981373747200
https://twitter.com/ConCaracal/status/1430204966975725568
Hou Afrikaans op die lug