15 November 2022
‘n Video waarin gesien kan word hoe ‘n kabeldief helder oordag teen ‘n lamppaal opklouter om die straatlampe en bedrading te steel, versprei soos ‘n veldbrand op die sosiale media.
Die video – wat klaarblyklik Sondag in Johannesburg verfilm is – wys hoe die man binne sekondes teen die paal opklouter voordat hy onderstebo hang en die straatlamp saam met die bedrading verwyder.
Hy klouter dan weer af voordat hy die kabel oprol en doodluiters daarmee verdwyn.
Op die oog af vind die diefstal en vandalisme in ‘n stil woonbuurt plaas en word die dief nie verhinder om daarmee weg te kom nie.
Die voorval is glo reeds onder die aandag van die Johannesburgse nutsmaatskappy, City Power gebring.
Video: Twitter
Watch this. Uncontrolled and widespread. pic.twitter.com/a9yfgsZVt5
— jv (@jvnaidoo1) November 14, 2022