Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Sosiale media: “Die goed, die sleg en die verregaande”

Nuuskommentaar: 30 Mei 2023

Deur: Mari Oosthuizen

Sosiale media-platforms is alreeds vir langer as 20 jaar ‘n groot deel van byna alle mense se lewens. In 2004 het Facebook vir die eerste keer verskyn, intussen het YouTube, Twitter, Skype, Instagram, WhatsApp en Tiktok ook feitelik ons lewens oorgeneem. 

Sosiale media hou talle voordele in. Byvoorbeeld in die verlede was dit nie so maklik om ‘n geleentheid gratis te bemark nie. Nuus kan ook baie vinniger gedeel word in ‘n kwessie van ‘n paar sekondes. En, dan maak wetstoepassers, veiligheidsmaatskappye en ander organisasies ook gebruik van sosiale media om inligting oor verdagtes te bekom of indien iemand vermis raak, is sosiale media ook ‘n handige hulpmiddel.

Ondanks al hierdie voordele is daar ook ‘n lelike sy aan sosiale media. ‘n Paar jaar gelede is kinders in die klaskamers of op die speelgronde afgeknou, maar die boelie het jou nie noodwendig huis toe gevolg nie.

Weens sosiale media-platforms kan ‘n boelie jou op jou rekenaar of slimfoon “huis toe volg” wanneer die skooldag klaar is. Die probleem is ook dat hierdie beledigings in die openbaar beskikbaar is, vir almal om te sien.

Maar dan is daar ook ‘n kant waarvan mense dalk nie so bewus is nie, of selfs nie ooit aan gedink het nie.

Daar is die afgelope paar jaar al hoe meer voorbeelde van mense wat sosiale media gebruik om ‘n inkomste te genereer. Om geld op YouTube of TikTok te maak moet jou blad ‘n sekere hoeveelheid volgelinge hê en moet jou videos deur talle mense gekyk word. Dis skroom die mense nie om enige iets te doen vir volgers nie, maak nie saak hoe gevaarlik of buitengewoon nie.

Een so ‘n voorbeeld is die YouTube-ster Nicocado Avocado. Hy het naam gemaak deur ‘n konsep wat Mukbanging genoem word. Op sy videos kyk hy hoe vinng hy reuse porsies kos kan eet. En… dit is nie gesonde kos nie. Teen November 2022 het hy 7-miljoen volgelinge gehad, en is al sy videos sowat 1,8-miljard keer in totaal gekyk.

Toe hy in 2016 met die videos begin het, het hy sowat 70 kilogram geweeg, en teen die begin van 2023 het hy 167 kilogram geweeg, en mik hy nou vir die 400 pond kerf, of sowat 182 kilogram.

‘n Ander YouTube-ster noem homself BadlandsChugs. Hierdie Amerikaner gooi verskeie drankies bymekaar en kyk dan hoe vinnig hy hierdie liters koeldrank – dikwels gaskoeldrank – in een sluk kan klaar drink.

In een van sy videos drink hy ‘n 2 liter Coca Cola in net langer as 18 sekondes klaar. Hy het oor die 3-miljoen volgelinge wat kyk hoe hy byvoorbeeld 10 verskillende geure van die nuwe Prime-energiedrankie bymekaar gooi en dit dan afsluk.

‘n TikTok-gebruiker, wat haarself TicsandRoses noem het naam gemaak toe sy begin het om videos te deel van haar reis met Tourette-sindroom. Tourettes is ‘n afwyking van die senuweestelsel wat herhalende bewegings of ongewenste geluide behels.

TicsandRoses, of Emerald Rose het meer as 600 000 volgelinge op TikTok. In haar videos wys sy hoe sy alledaagse take verrig terwyl haar lyf ongewenste bewegings maak. Organisasies wat bewusmaking oor tourettes skep, en lyers van dié siekte het egter die egtheid van haar toestand bevraagteken, waarna dit aan die lig gekom het dat sy nié met Tourette-sindroom gediagnoseer is nie.

As ons kos kan mors, en siektestoestande kan namaak vir sosiale media-volgelinge hoe ver sal ons gaan, en waar trek mens die streep?

Miskien moet daar soos rybewyse vir voertuie ook lisensies wees indien jy inhoud vir sosiale media wil skep. Dalk sal ons wêreld ‘n beter plek wees?

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende