Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit wen saak vir lid wat valslik van rassisme beskuldig was

20 Junie 2024

ʼn Lid van Solidariteit het sowat R140 000 in vergoeding ontvang nadat sy valslik van rassisme beskuldig is én toe afgedank is weens ontevredenheid oor hoe sy parkeerplekke aan personeellede toegeken het.

Volgens Solidariteit se adjunkbestuurshoof van regsake, Anton van der Bijl het die arbeidshof bevind daar is geen konkrete bewyse dat Brichard Pieterse, ʼn voormalige werknemer van South Bakels, opsetlik rassisties was toe haar toekenning van parkeerplekke aan personeel twee swart persone van hulle parkeerplekke ontneem het nie.

Van der Bijl meen daar was ʼn fout in die parkeerstelsel wat daartoe gelei het dat die betrokke persone hulle regmatige parkeerplekke volgens die indeling kwyt is. Volgens hom was Pieterse ongeveer 10 jaar lank by die maatskappy.

Hy sê ondanks van bewyse wat sy kon lewer oor hoe die proses hanteer is, is sy steeds afgedank. Solidariteit het hierna ‘n saak namens haar by die arbeidshof aanhangig gemaak.

Dié hof het bevind dat Pieterse haar nie aan rassisme skuldig gemaak het nie, maar bloot ʼn menslike fout begaan het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende