Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit stuur lys van 300 kragkenners aan Gordhan en Eskom

4 Augustus 2022

Solidariteit het vandag sy lys van vaardige kragkenners aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en André de Ruyter, bestuurshoof van Eskom, gestuur.

Dit volg nadat minister Gordhan onlangs vir Solidariteit versoek het om só ʼn lys op te stel ten einde die krisis by Eskom aan te pak.

Volgens Solidariteit is daar ongeveer 300 name van kenners op die lys, met sowat 5 500 jaar se gesamentlike ervaring in die bedryf, en hulle beskik ook oor meer as 400 geakkrediteerde kwalifikasies waarvan 14 doktorsgrade in ingenieurswese en verwante velde is.

Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann sê hierdie lys bevat van die land se voorste kenners op die gebied van krag.

Hy sê die grootste knelpunt in die kragnetwerk lê tans by opwekking en daarom is die grootste persentasie van die kundiges (70%) op die lys by opwekking betrokke.

“Die huidige krisis by Eskom waaronder alle Suid-Afrikaners ly en wat ons ganse ekonomie bedreig, is té groot vir ʼn enkele party, insluitend die staat, om dit alleen op te los. ʼn Funksionerende Eskom is van kardinale belang, vir sowel die organisasie se werknemers as werknemers regdeur die Suid-Afrikaanse ekonomie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende