27 Julie 2022
Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ʼn verslag oor die geestelike en finansiële toestand van Denel-werknemers vrygestel.
Dit volg nadat Solidariteit al vir twee jaar in ʼn regstryd met die wapenvervaardiger gewikkel is om negentig-miljoen rand aan salarisse – wat DENEL aan Solidariteit se lede verskuldig is – uit te betaal.
Volgens die vakbond trek hierdie verslag ʼn duidelike lyn tussen die noodlottige wanbestuur van Denel en die tasbare invloed wat dit op gewone mense gehad het.
Denel-werknemers moes vir meer as twee jaar met gedeeltelike- of geen salarisuitbetalings aan die lewe probeer bly.
Volgens die samesteller van die verslag, Nicolien Welthagen is die finansiële gevolge op werknemers dalk berekenbaar, maar sal die emosionele en geestelike invloed nooit bereken kan word.