Solidariteit beplan regstappe teen Bidvest nadat die maatskappy gereageer het op die vakbond se vrae oor ‘n beursprogram, wat Bidvest geskep het en wat glo nie vir wit kinders bedoel is nie.
Bidvest het in ‘n skrywe aan sy voltydse werknemers ‘n beursprogram vir skoolgaande kinders van graad 4 tot graad 12 aangebied indien die werknemers minder as R15 300 per maand voor aftrekkings verdien. Dit is egter, volgens Bidvest se skrywe, glo net vir swart, bruin of Indiese werknemers bedoel.
Die beurs dek skoolgeld, Waltons-skryfbehoeftes, skoolklere en hulp met ekstra klasse.
Die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann sê dat Bidvest in sy antwoord die sogenaamde rassistiese beursprogram regverdig het deur na die land se raswetgewing te verwys.
Hermann sê daar is niks in die Wet op Arbeisverhoudinge of die Wet op Gelyke Indiensneming wat diensvoorwaardes op grond van ras regverdig nie.
“Dit wat Bivest vir swart kindertjies doen is edel, maar dit wat die maatskappy aan wit kindertjies doen is rassisties.”
Julian Gwillim het namens Bidvest en die maatskappe se uitvoerende hoof, Mpumi Madisa op Solidariteit se skrywe gereageer. Hy sê onder meer dat die beursprogram deel is van die Bidvest Education Trust, vroeër bekend as die Dinatla Trust, wat as deel van ʼn breë swart bemagtigingsinisiatief gestig is.
“Die trust is gestig met die doel om histories benadeelde individue, wat werknemers van die Bidvest-groep is, op te hef. Dit bestaan reeds langer as 22 jaar en het die lewens van ons werknemers en hul gesinne merkbaar verander,” sê Gwillim.
Intussen sommige sosiale media-gebruikers gevra dat Bidvest geboikot word. Een van die reaksies lui: “En ons sal sorg dat ons bidvest so min as moontlik ondersteun, ons wit geld is goed genoeg vir hulle. Pres Trump sal geniet om dit te lees, kan hulle ook op sy radar kry.”
Nog ‘n kommentaar lees: “Ek hoop die witmense vat hulle geld weg by Bidvest. Dalk moet Bidvest kyk hoeveel wit teenoor swart se geld is by hulle belê. Word dit ook volgens BBEEE toegelaat?”
Hermann sê Bidvest se reaksie is nog ‘n laagtepunt vir swart bemagtiging. “As sogenaamde bemagtigingswette hulp aan arm wit kindertjies toelaat het dit geen morele basis meer nie. Ons het gehoop hulle gaan insig toon, maar in hulle reaksie regverdig hulle dit.”
Hieronder is die skrywe wat Bidvest gestuur het aan werknemers oor hulle beurs.
2 Responses
Ek is seker daar is blanke leerders wie se ouers of ouer op dieselfde inkomste kerf is en nie benadeel moet word nie. Ek wonder net of Bidvest se bestuur vir hulself in die spiel kan kyk of rustig kan slaap.
Maar bygese sekere mense het nie n gewete nie.
En hulle praat van rasisme!! Raak nou bietjie moeg hiervan!