Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit oorhandig lasbriewe ná Denel versuim om R90-miljoen vir salarisse te betaal

9 Maart 2022

Die vakbond, Solidariteit het vandag lasbriewe van eksekusie ter waarde van sowat R90-miljoen by die balju ingedien nadat Denel versuim het om salarisse van dié waarde – ingevolge ʼn hofbevel – aan Solidariteit se lede oor te betaal.

Solidariteit voer aan dat – ondanks finansiële druk – Denel nie bloot net kan terugval op ʼn verweer dat daar nie geld is nie.

LEES OOK: DENEL MOET AGTERSTALLIGE SALARISSE AAN WERKNEMERS BETAAL, BESLIS HOF

Volgens die vakbond moet beskikbare fondse gemobiliseer en geprioritiseer word indien Denel nie van doelbewuste verontagsaming van ʼn hofbevel beskuldig wil word nie.

Die vakbond se sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart, Derek Mans, sê dit wat Denel tans doen, kom deur die bank neer op ʼn totale versuim van pligte.

Hy sê besluitneming is stadig en swak, implementering vind bykans nooit plaas nie en daar waar besluite geneem word en mense dit wil implementeer, word die nodige geld nie beskikbaar gestel nie.

LEES OOK: BALJU SKRYF DENEL SE BATES OP

Solidariteit wys daarop dat sommige van die werknemers vir meer as twee jaar moes klaarkom met gedeeltelike of geen salarisuitbetalings van Denel nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat gewone werkers met hul lewensbestaan moet inboet bloot as gevolg van die onbeholpenheid en onbevoegdheid van hierdie maatskappy se topbestuur. Dit is ondraaglik en moet teëgestaan word. As Denel nie wil betaal nie, dan lê ons beslag op sy bates. Denel het immers reeds hopeloos te veel van ons lede weggeneem,” sluit Mans af.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende