Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit: Nuwe brandstofpryse is onvolhoubaar

30 November 2021

Die vakbond, Solidariteit het sy teenkanting teen die jongste brandstofprysheffings uitgespreek en die onvolhoubaarheid daarvan beklemtoon.

Dit volg nadat ’n verdere skerp styging in brandstofpryse gister aangekondig is. Dié nuwe brandstofprys tree om middernag vanaand in werking. Die prys van petrol styg met 81-sent per liter, diesel sal tussen 72-sent en 74-sent per liter verhoog afhangend van die swaelinhoud en paraffien sal 42-sent per liter meer kos.  

LEES OOK: BRANDSTOFPRYS STYG WEER SKERP

Volgens Solidariteit sal dié nuutste brandstofheffing tesame met nuwe reisbeperkings teen Suid-Afrika wat die toerismebedryf lamlê, en algemene slegte ekonomiese toestande, dalk die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek. Solidariteit is van mening dat verbruikers eenvoudig net nie meer sal kan byhou nie.

“Dit is tyd dat die verbruiker, die gewone landsburger, eerste kom by ons regering. Mense moet werk toe kan gaan en kos kan gaan koop. Stygende brandstofpryse maak die verbruiker al hoe armer. Die regering moet sy pryskomplot tussen homself en die brandstofhandelaars laat vaar,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by Solidariteit.

Du Buisson het benadruk dat Solidariteit sal voortgaan om vir die deregulering van alle vorme van brandstof, spesifiek petrol, te veg.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende