Solidariteit loods PAIA-aansoek oor NGV


Luister nou

Volgende

Solidariteit loods PAIA-aansoek oor NGV

18 Oktober 2021

Die vakbond, Solidariteit het bevestig dat hy ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) ʼn aansoek loods in verband met die opmerkings van die waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, dr. Nicolas Crisp nadat hy vroeër gesê het dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) teen die einde van die jaar in werking sal tree.

LEES OOK: NGV GELUKBRINGER KOS DEPARTEMENT GLO R1,1-MILJOEN

Solidariteit het na aanleiding van die kommentaar ʼn regskrywe in September vanjaar aan dr. Crisp gerig, maar hy het nie daarop gereageer nie. Volgens Solidariteit is die organisasie dus genoodsaak om strenger stappe te doen omdat dit reuse-onsekerheid by sy lede in die gesondheidsektor en elders veroorsaak.

“Dit is uiters onverantwoordelik van ʼn staatsamptenaar om sulke uitlatings te maak terwyl ons nog midde-in ʼn openbare deelnameproses is. Dit dui daarop dat die regering hierdie prosesse minag en bloot probeer om hierdie beleide deur te stoomroller,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Mulder meen boonop is daar ook geen inligting met betrekking tot wat hierdie implementering van die NGV beteken nie.

LEES OOK: SOLIDARITEIT KLA SA BY VERENIGDE NASIES AAN OOR “RASMALHEID”

“Die NGV sal Suid-Afrika ʼn sieker en ʼn armer land maak. Die feit dat dr. Crisp dink die regering kan sulke skadelike en omstrede wetgewing bloot instel ten spyte van insette, terugvoer en logika is uiters onrusbarend,”sluit Mulder af.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Solidariteit loods PAIA-aansoek oor NGV


Luister nou

Volgende