Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit loods fluitjieblaasportaal om Eskom-korrupsie te ontbloot

1 Desember 2021

Die vakbond Solidariteit het ʼn nuwe beskermde fluitjieblaasportaal bekendgestel, met die doel om werknemers te bemagtig om korrupsie by Eskom bloot te lê.
 
Volgens Solidariteit is die meeste werknemers by Eskom goeie mense wat hard werk, maar ʼn kultuur van plundering en korrupsie maak dit vir hulle onmoontlik om hulle werk doeltreffend te doen.

LEES OOK: ONDERSOEK INGESTEL OOR MOONTLIKE “SABOTASIE” BY ESKOM

Volgens die bestuurshoof by Solidariteit, dr. Dirk Hermann, is korrupsie in Eskom geïnstitusionaliseer. 

Hy sê interne korrupsienetwerke steel gewone belastingbetalers se krag en daar is ʼn bendenetwerk in Eskom wat hulself verryk terwyl gewone Suid-Afrikaners in die donker sit.

Volgens Hermann is hulle bewus van werknemers wat van hierdie wanpraktyke weet, maar dat die betrokkenes vrees vir hulle loopbane en hulle lewens – en daarom nie met die sak patats vorendag wil kom nie.

“Daar is niks so gevaarlik soos goeie mense wat stilbly nie. Ons mag nie toelaat dat plundering genormaliseer word nie. Ons mag ook nie sê dit help in elk geval nie om plundering aan te meld nie. Die oomblik wat ons dit doen, het ons oorgegee, tot groot vreugde van die boewe,” sê Hermann.

LEES OOK: ESKOM-HOOF MAAK KLAG AANHANGIG OOR DREIGEMENTE OP SOSIALE MEDIA

Hy sê die vakbond sal gereeld terugvoer gee oor die tendense van korrupsie wat aangemeld word op dié platform.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende