Solidariteit het aangekondig dat hy die hof gaan nader om president Cyril Ramaphosa, as staatshoof, skuldig te bevind aan minagting van die hof.
Volgens Solidariteit volg dié stap nadat die regering ’n skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering van Suid-Afrika, oor rassewetgewing, verbreek het.
Die vakbond het Ramaphosa in ‘n skrywe aangemoedig om die ooreenkoms van 28 Junie 2023 te implementeer om regstappe te vermy. Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê dié ooreenkoms is destyds ‘n bevel van die hof gemaak.
Ingevolge die hofbevel moet die ooreenkoms saam met die regulasies van die Wet op Billike Indiensneming, wat reeds in 2023 ontwikkel is, gepubliseer word. Die finale regulasies is op 15 April 2025 gepubliseer, maar net enkele bepalings van die ooreenkoms is gepubliseer.
Volgens Hermann het die regering eensydig bepalings verwyder, soos dat rassewette tydelik moet wees, dat niemand op grond van rassewette afgedank mag word nie en dat werkgewers verplig is om die inherente vereistes van ʼn pos en die poel van beskikbare vaardighede in ag te neem.
Die ooreenkoms was die gevolg van ‘n klag wat Solidariteit by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), gelê het.
Die organisasie het voorgestel dat ’n mediasieproses tussen Solidariteit en die regering moet volg.
Die ooreenkoms is tydens ’n openbare geleentheid deur die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, en die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, onderteken.
Volgens Solidariteit is die ooreenkoms wél in sy geheel in die konsepregulasies gepubliseer. Met die publisering van die finale regulasies is groot dele van die ooreenkoms, ten spyte van die hofbevel, uitgelaat.
“Die regering het dus doelbewus besluit om dele uit te laat. Ons is diep teleurgesteld dat die regering nie hou by ooreenkomste wat bereik word nie,” sê Hermann.
2 Responses
Dink julle dit gaan die moeite werd wees om die hof te nader? ‘n Regbank wat PRO-ANC is, gaan mos nie teen president Ramaphosa uitspraak lewer nie?
The Education Sector
“targets” were increased a day before the so called “consultation” No one was even aware of the increase.
It was not a meaningful consultation session, it was an information session by DoEL.
None of the factors that must be considered when setting targets were in the presentation. They only had justifiable reasons foe not meeting targets