Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”


Luister nou

Volgende

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Solidariteit sê hy is van voorneme om druk op owerhede te verskerp sodat Suid-Afrika ’n aktiewe gesprek kan begin oor wannéér en hóé rassewette as sogenaamde regstellende-aksiemaatreël ten einde moet loop.

Die kom nadat ‘n Ipsos-peiling, in opdrag van News24, getoon het dat daar ‘n groeiende behoefte aan die afskaffing van rasreëls is. Die peiling toon onder meer dat net 44% van Suid-Afrikaners nog ten gunste van die behoud van wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging is.

Volgens die peiling glo minder as die helfte van swart Suid-Afrikaners dat SEB moet voortgaan, terwyl die meerderheid wit en bruin Suid-Afrikaners ’n onmiddellike einde daaraan wil sien.

Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit beslis nie die eerste peiling wat wys dat Suid-Afrikaners nie verder in SEB of ander rassewette belangstel nie.

“Hierdie peiling toon ook dat die grootste behoefte van Suid-Afrikaanse burgers werk en veiligheid is. Rassewetgewing doen niks daaromtrent nie, dit is sleg vir Suid-Afrika se ekonomie en dit is sleg vir Suid-Afrika se bevolking,” meen Mulder.

Mulder sê hierdie Ipsos-peiling strook met dit wat Solidariteit ook sien. Mense oor alle rasse heen soek ’n einde aan rassewette.

Volgens hom moet die ANC ag slaan op die wil van die mense en met gesprekke oor die uitfasering van hierdie beleide begin,” sê Mulder.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”


Luister nou

Volgende