Solidariteit daag wettigheid van Kubaanse ingenieurs uit


Luister nou

Volgende

Solidariteit daag wettigheid van Kubaanse ingenieurs uit

6 Julie 2021

Die vakbond, Solidariteit het in hofstukke die wettigheid van die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer, uitgedaag.

Volgens die vakbond voldoen minister Lindiwe Sisulu en haar departement “nie aan die wetsvereistes van artikel 217 van die Grondwet wat voorskryf dat staatsinstansies effektief bestuur moet word nie.”

LEES OOK: KUBAANSE INGENIEURS WORD AS WERKNEMERS AANGESTEL TEEN HOËR KOSTE AS SA INGENIEURS

Solidariteit vra dus dat die besluit om Kubaanse ingenieurs aan te stel, ter syde gestel moet word en voer aan dat die korrekte prosedure in die aanstel van sodanige ingenieurs nie deur die departement gevolg is nie en dat daar geen deursigtigheid in die proses was nie.

Die hoof van regsake by Solidariteit, Anton van der Bijl sê die invoer van die ingenieurs is onverantwoordelik en wat Sisulu en haar departement doen is “ongrondwetlik.”

LEES OOK: SOLIDARITEIT BETEKEN HOFSTUKKE OP MINISTER SISULU OOR KUBANE

Volgens Van der Bijl: “mislei Sisulu die publiek doelbewus, konkel agteraf en systap prosesse wat gevolg moet word.”

Hy sê Solidariteit herinner die minister daaraan dat sy ʼn verpligting teenoor Suid-Afrika het en dat sy haar verantwoordelikhede moet nakom. “Sy wil egter nie gehoor gee nie en het ons met geen ander keuse gelaat as om ons na die hof te wend nie.”

Hy meen Suid-Afrika kan nie pa staan vir die ANC se politieke skuld nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Solidariteit daag wettigheid van Kubaanse ingenieurs uit


Luister nou

Volgende