Solidariteit beteken hofstukke op minister Sisulu oor Kubane


Luister nou

Volgende

Solidariteit beteken hofstukke op minister Sisulu oor Kubane

18 Mei 2021

Die vakbond, Solidariteit beteken vandag hofstukke op die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, oor die invoer van Kubaanse ingenieurs.

Die regsproses sluit in die bekendmaking van inligting, ʼn interdik om die ontplooiingsproses te stop, asook ʼn aansoek vir die hersiening van die regering se besluit.

Dié regstappe volg nadat die minister nié by die spertyd gehou het om ʼn voorstel te maak om die dispuut tussen Solidariteit en die regering te ontlont nie.

LEES OOK: SPERTYD RAKENDE KUBAANSE INGENIEURS VERLENG

Solidariteit het ook gesê dat hy met regstappe voortgaan, maar dat verdere gesprekke nie uitgesluit hoef te word nie.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê die vakbond is teleurgesteld in die minister, omdat daar ʼn versoek van die regering was om ʼn voorstel aan hul voor te lê en het daarom die aanvanklike spertyd vir só ʼn voorstel twee keer uitgestel.

Hermann sê buiten dat die regering nie by die spertyd gehou het nie, het die minister ook nie ook nie op wesenlike regsvrae wat Solidariteit gestel het, geantwoord nie.

LEES OOK: SOLIDARITEIT GAAN VOORT MET REGSAKSIE OOR KUBAANSE INGENIEURS

Solidariteit begin sy regstappe deur met ʼn proses vir openbaarmaking van inligting te begin. Volgens Hermann moet die geheimhouding rondom die Kubane se koms, wat hulle gaan doen, hoe die geld bestee gaan word en of die Kubaanse ingenieurs geregistreer is, verbreek word.

In die hersieningsaansoek gaan Solidariteit vra om die regering se besluit om die Kubane in te voer ongeldig te verklaar.

Die 24 Kubaanse ingenieurs is vroeër deur minister Sisulu na Suid-Afrika gebring teen ‘n koste van R64-miljoen. Sy het destyds gesê dat geen Suid-Afrikaanse ingenieur in die privaatsektor bereid sal wees om vir drie jaar in ‘n landelike gebied te woon en werk nie.

LEES OOK: SISULU KIES KUBANE BO WIT INGENIEURS

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Solidariteit beteken hofstukke op minister Sisulu oor Kubane


Luister nou

Volgende