Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit begin hofsaak teen UV oor gedwonge inenting

19 Januarie 2022

Die vakbond, Solidariteit het vandag tydens ʼn mediakonferensie bekendgemaak dat hy hofstukke op die Universiteit van die Vrystaat beteken het in verband met dié universiteit se beleid om studente en werknemers te verplig om die Covid-19-inenting te kry.

Solidariteit het ook tydens die konferensie sy planne aangekondig om verskeie ander hofsake oor die verpligting van inentings in die werkplek aanhanging te maak.

Volgens Solidariteit sal sy eerste saak teen die organisasie vir werkgewers in klein Suid-Afrikaanse ondernemings, SEESA, op 27 Januarie in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.

Die vakbond se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann sê op die oomblik word die Suid-Afrikaanse arbeidsmark gekonfronteer met ʼn geweldige onsekerheid oor of werkgewers hul werknemers, of selfs universiteite hul studente, kan verplig om die inenting te neem.

Hy meen as gevolg hiervan sien hulle hoe tientalle werkgewers hierdie onsekerheid uitbuit en dit as ʼn verskoning gebruik om werknemers af te dank sonder om die regte prosedures te volg.

Volgens Solidariteit sal enige vorm van “kombersbenadering” wat nie die unieke situasie van individuele werknemers of studente in ag neem nie, onwettig maar ook onwenslik wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende