Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit, AfriForum gereed vir regstryd as Bela-wet onderteken word

15 Mei 2024

Solidariteit, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en AfriForum sê hulle gaan hande vat in ʼn regstryd teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela-wet), indien dit soos verwag word deur president Cyril Ramaphosa onderteken word.

Die organisasies het vanoggend in ‘n gesamentlike mediakonferensie hulle voorneme bekend gemaak nadat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gister die Bela-wysigingswetsontwerp goedgekeur het.

LEES OOK: NRP SE GOEDKEURING VAN BELA-WET DALK DIE BEGIN VAN ‘N HOFSTRYD

Die Bela-wet sal gevolglik môre in die Nasionale Vergadering goedgekeur word voordat dit vermoedelik ook deur Ramaphosa bekragtig word. 

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê hulle is voorbereid en gereed om hierdie stryd so ver te voer as wat nodig is.

“Dit is jammer dat die verhouding tussen gemeenskappe en die regering in die hof gereguleer moet word. ʼn Hofstryd is nie bevorderlik vir verhoudinge nie. Solidariteit is egter hof-fiks – ons is gereed vir die hofstryd,” sê Hermann.

LEES OOK: BELA-WET: SOLIDARITEIT DIEN PETISIE IN

Hy meen die ANC is angstig om die wetgewing deur te druk voor die verkiesing.

Die uitvoerende hoof van die SOS, Leon Fourie het benadruk dat hulle óók gereed staan met hofstukke, en is van mening dat die Bela-wet Afrikaanse kinders se reg tot moedertaalonderrig sal skend.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, het die Bela-wysigingswetsontwerp beskryf as ʼn aggressiewe daad en ‘n aanval op Afrikaanse skole en kinders waarmee die regering beheer oor die skole wil kry.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende