Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Sokkerborgskap: SA Toerisme hoof verdedig doelhok

2 Februarie 2023

Die waarnemende hoof van SA Toerisme, Themba Khumalo, het die voorgenome borgskap van die Engelse sokkerklub Tottenham Hotspur verdedig.

Khumalo het vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê die bedrag van R1-miljard is uit en uit geregverdig, as daar gekyk word na die moontlike opbrengs wat die bemarking kan genereer.

“Met hierdie ooreenkoms sal ons internasionale besteding van R88-miljard na ons ekonomie lok” het ’n selfversekerde Khumalo gesê.

Hy sê die raad van SA Toerisme het verlede jaar Augustus reeds besluit om sy internasionale bemarkingstrategie te hersien en te wysig.

Khumalo sê hulle het besluit om ’n internasionale platform te soek wat globale reik het, wat al 24 teikenmarkte van SA Toerisme sal bereik, en ’n bemarkingsgeleentheid bied wat vir ’n hele jaar volgehou kan word.

“Die gehoor moet ook maklik oortuig kan word om na Suid Afrika te reis, om hulle Dollars, Ponde en Yens hier te spandeer” het hy gesê.

LEES OOK: SA REGERING WIL GLO ENGELSE SOKKERKLUB BORG OM TOERISTE TE LOK

Khumalo het benadruk dat SA Toerisme al vir 20 jaar lank begroot op bemarkingsmateriaal, en dat die begroting tussen 2017 en 2019 jaarliks meer as ’n miljard rand beloop het.

“Ons vra nie vir ekstra geld van die tessourie nie. Ons gaan net die geld wat spandeer word op kleiner projekte kanaliseer na hierdie een groot projek, wat vir ons wêreldwye blootstelling sal gee” het Khumalo gesê.

Hy het ook syfers gedeel oor die bydrae wat die toerisme sektor lewer aan die Suid Afrikaanse ekonomie.

Voor die Covid-19 pandemie was die bydrae 6,5% van die bruto binnelandse produk.

Die bydrae is tans 3,2%.

Toerismesyfers het ook nog nie na sy vlakke herstel voor Covid-19 nie, en staan tans op slegs 60% van die hoeveelheid mense wat in 2019 na Suid Afrika gereis het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WSU_Mthatha

Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet

Screenshot 2025-04-15 122837

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

SONKRAG

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

NWU

KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

Screenshot 2025-04-14 151010

Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees

Ander Nuus Artikels

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy
John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie
640px-03-BICcristal2008-03-26
Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk
108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006
Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard
WSU_Mthatha
Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet
Screenshot 2025-04-15 122837
Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende