17 November 2022
Die soektog na die vermiste 29 jarige Willem Kruger van Groblersdal, sal vandag hervat word, met soekgeselskappe wat in helikopters en op bote in die Vaalrivier die gebied sal fynkam.

Kruger word sedert vroeg Sondagoggend vermis, nadat hy ’n geselligheid by die Henman Lodge buite Morgenzon in Mpumalanga bygewoon het.
Sy familie het intussen die beloning vir inligting om hom op te spoor, tot R200 000 verhoog.
Die laaste keer wat hy sy selfoon gebruik het, was Sondag ná 01:00.
Die opsporingstoestel in sy bakkie se sein kan nie opgespoor word nie. Beeldmateriaal wat aan die lig gekom het wys hoe Kruger die perseel binnegaan, maar nie verlaat nie.