Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

SOE vra Suid-Afrikaners om korrupsie bloot te lê

9 Desember 2021

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om ‘n aktiewe rol te speel in die blootlê asook voorkoming van korrupsie. 

Die beroep kom te midde van 2021 se Internasionale teen-korrupsie dag, wat vandag herdenk word. Die SOE se woordvoerder, Kaizer Kganyago sê mense kan hulle deel doen deur enige beweerde korrupsie by wetstoepassers aan te meld. 

Volgens Kganyago lê korrupsie die ekonomie en staatshulpbronne lam. Openbare onderneming ly ook onder korrupsie. Hy meen deur korrupsie bloot te lê en te voorkom sal die regering toelaat om die publiek se vertroue te wen.

Die SOE sê gedurende die 2020/2021 boekjaar is 1276 bewerings van korrupsie binne staatsdepartemente en munisipaliteite aangemeld. Kganyago sê 410 van die klagtes was rakende die nasionale regering. 258 sake van korrupsie is in die Gautengse regering ondersoek, gevolg deur 128 sake in Limpopo.

Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele het vanoggend buite die departement van kommunikasie se kantore in Pretoria gesê dat die mag van fluitjieblasers nie onderskat moet word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende