Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) opdrag gegee om beweerde korrupsie by die land se voertuigtoetsentrums te ondersoek nadat die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) sy verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate openbaar gemaak het.
OUTA se verslag het bevind dat voertuie, wat padwaardigheidstoetse in Gauteng gedop het, skielik padwaardige-sertifikate in Limpopo en Noordwes toegeken word, soms neem dit net 30 minute voordat die sertifikaat beskikbaar is.
Die senior projekbestuurder by OUTA, Rudie Heyneke sê hy verwelkom die minister se oorhandiging van die inligting aan die SOE, maar meen OUTA kies steeds om die inligting bekend te maak omdat dit in openbare belang is.
Heyneke sê OUTA kan nie toelaat dat die korrupsie met die padwaardigheid van voertuie voortduur nie omdat dit miljoene Suid-Afrikaanse padgebruikers se lewens daagliks in gevaar plaas.