Die parlementêre portefeuljekomitee oor elektrisiteit en energie het NERSA gekritiseer omdat hy Eskom se aansoek om ‘n verhoging in elektrisiteitstariewe goedgekeur het.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het verlede jaar die kragvoorsiener se tariefverhogingsaansoek van 12,7% goedgekeur.
Dié verhoging tree op die eerste van volgende maand in werking.
Lede van die komitee het Nersa versoek om die redes vir sy besluit te verskaf.
Nersa het aan die komitee gesê dat die goedkeuring van die tariefverhoging met voorwaardes gepaard gaan – wat die uitskakeling van onbeplande kragonderbrekings insluit.
6 Responses
Dis
maligheid
Ja Ramaphosa en sy ministers steel hul dik aan die geld , maar wat van die armes en pensioennaris wat min geld kry , oor hul is hul nie bekommerd nie . Al hul idees gaan daarom jul armes en oues kan maar vrek hul het ons nie nodig nie , maar hy moet onthou die hel wag vir hom .
Eskom is besig om die land lam te lê. Hulle verarm die mensdom sonder om twee keer te dink. Hulle dink net aan hulle eie gatsakke!
Hoeveel verhogings soek julle nog,dis klaar onbekostigbaar,hierdie is nou steel rerig,
Dit is belaglik! Niemand kry salaris verhogings maar al die pryse styg. Met krag wat opgaan gaan alles opgaan. Ons regering is besig om die gemiddelde en minder inkomste groep meer te verarm en hulle self te verryk. Skande!
Dit is belaglik daar moet minder gesteel word n mens sukkel al klaar soos dit met alkes wat duur is