5 Julie 2023
Die ANC in die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit, wat Bethlehem, Clarens en omliggende gebiede bedien, kon vir etlike jare nie daarin slaag om sleutelbestuursposte te vul nie.
Volgens die VF Plus-raadslid in dié munisipaliteit, Lieb Liebenberg is vier direkteursposte, asook die munisipale bestuurderspos steeds vakant. Hy sê die pos van die hoof finansiële beampte is sedert Desember 2020 vakant met amptenary wat herhaaldelik op ʼn waarnemende grondslag in die poste aangestel word.
Liebenberg sê hierdie poste sluit in die direkteur van tegniese dienste en infrastruktuur, gemeenskapsdiens, korporatiewe dienste, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die hoof finansiële beampte wat tans waarnemend gevul is.
Hy meen die feit dat daar nie permanente aanstellings is nie, lei tot swak dienslewering. Liebenberg sê Dihlabeng het stabiliteit in die munisipale bestuur nodig. “Begrotings vir die afgelope twee finansiële jare, wat deur drie verskillende waarnemende munisipale bestuurders afgeteken is, moet nou deur ʼn nuwe aangestelde munisipale bestuurder uitgevoer word.”
