Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Slegs 33% van plaasmoordverdagtes vasgetrek, bevind AfriForum-verslag

28 Februarie 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel.

Dié verslag vergelyk ook die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer word.

Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat daar net 33% van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde in 2022.

AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê ongelukkig is dit nie duidelik of die aantal aanvalle wel werklik afgeneem het nie omdat daar toenemend gevalle is, waar die saak nié by die polisie aangemeld word nie. “Ek dink nie die publiek se vertroue in die polisie was al ooit so laag soos nou nie,” sê Broodryk.

Hy het tydens die konferensie opnuut ‘n beroep op die publiek gedoen om veiligheidstrukture op die been te bring en aktief by die beveiliging van hul eie gemeenskappe betrokke te raak.

“Die minister van Polisie, Bheki Cele, het self onlangs erken dat die polisie nie in staat is om sy pligte uit te voer sonder hulp van die betrokke gemeenskappe nie, en vir eens stem ek met hom saam. AfriForum is ook besig om regsopsies te ondersoek om vir plaas- en buurtwagte meer mag daar te stel om hul take doeltreffend uit te voer,” sluit Broodryk af.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

unie

Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie

Ander Nuus Artikels

Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water
Untitled design (5)
Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende