5 April 2023
Suid-Afrika beleef al vir die afgelope ses- tot agt maande ‘n tekort aan slangteengif.
Dié teengif word vervaardig deur die Suid-Afrikaanse Inentingsvervaardigers.
Die organisasie sukkel egter met vervaardiging, weens beurtkrag.
Volgens die hoof van die African Snakebite Institute, Johan Marais is dit onwaarskynlik dat jy teengif sal kry indien jy nou deur ‘n slang gepik word.
LEES OOK: KAAPSE KOBRA NEEM VLUG NELSPRUIT TOE; SSSSORG VIR NOODLANDING
Volgens Marais word daar baie beloftes gemaak oor die hervatting van die vervaardiging van die teengif, maar is hulle in die duister oor presies wanneer dit gaan gebeur.
Intussen het mediese en trauma-spesialiste in die staat- en private gesondheidsorgsektor ’n dringende beroep op die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, gedoen om in te gryp in die kritieke tekort aan slangteengif.
’n Opebrief is deur 27 spesialiste wat in die veld van slangbytbehandeling werk asook deur slanghanteerders onderteken.