Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Skoor: Minder as die helfte van ondersoeke oor Covid-19-korrupsie afgehandel

9 Desember 2021

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) is sedert Julie vanjaar besig om meer as 2600 regeringskontrakte te ondersoek, wat te make het met die Covid-19-pandemie.

Die ANC-LP en lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), Bheki Hadebe sê van dié 2600 ondersoeke is glo nog net 1068 afgehandel. Volgens hom het die meeste van die ondersoeke te make met persoonlike beskermde toerusting. 

‘n Parlementêre sitting met Skoor, die SOE en die presidensie is gisteraand gehou.

Volgens hom is die komitee bekommerd oor hoe lank dit neem om teen hulle op te tree. Hadebe voer ook onder meer aan dat die regering se houding “om nie betrokke te raak by die sake nie” ent moet kry.

Die SOE het vroeër vandeesweek in ‘n verslag bekend gemaak dat ongeveer R15-miljard se beweerde bedrog, rakende persoonlike beskermde toerusting ondersoek word. Dit is 11% van die totale R139-miljard, wat die regering aan toerusting bestee het.

Hadebe meen president Cyril Ramaphosa behoort nie eers te wag vir die SOE se finale verslag voordat hy optree nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

South Africa Scandal Explainer

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf

Gq_5ZqlXwAA4loq

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

Ander Nuus Artikels

School,Classroom,With,Blackboard
Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling
Gwede2-1
Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik
ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM
Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”
494176549_678769244799837_2127636851668020320_n
Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer
South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende