27 September 2023
72 laerskoolleerlinge en 10 volwassenes is gered nadat hulle vroeër in die Cango-bergoord – in Oudtshoorn – vasgekeer was weens stormverwante oorstromings.
Die munisipaliteit het gisteraand gesê dat swaar reën veroorsaak het dat die Le Rouxrivier – wat deur die oord loop – sy walle oorstroom het en die groep vasgekeer het.
Noodvoorraad en kos is per helikoper by die groep van Laerskool Aliwal Noord afgelaai.
Volgens ‘n woordvoerder van die Tuinroete distriksmunisipaliteit, Gerhard Otto, kon almal vandag die oord veilig ontruim.