8 Januarie 2024
Die aantal leerlinge wat graad 10- en 11 herhaal, het in 2020 dramaties gedaal, nadat toetsvereistes by skole versag is om te vergoed vir leerverliese wat deur inperkings tydens die Covid-19-pandemie veroorsaak is.
Dit is een van die bevindinge van ‘n studie deur ‘n span navorsers van die Universiteit Stellenbosch.
Die verslag met die titel: “Wat ryk nuwe onderwysdata uitwys”, dui daarop dat die toegeeflikheid tydens skoolgebaseerde assesserings dié punte verbeter het en dat dit daartoe lei dat leerders na hoër grade vorder.
Dit het ook daartoe gelei dat daar ‘n daling in skooluitvalsyfers is. Die sogenaamde SGA-punte sluit mondelinge toetse in tale sowel as klastoetse, projekte en opdragte in.
Die punte wat toegeken word, word gebruik om ‘n leerling se finale punt in ‘n vak aan die einde van die jaar te bereken.