13 Januarie 2022
Die leier van die DA, John Steenhuisen sê elke dag wat skole nié ten volle oop is vir alle leerlinge nie, raak kinders nog verder agter.
Hy meen die wêreld sit met ‘n hele generasie van kinders, wat weens die Covid-19-pandemie blootgestel is aan van die mees uitdagendste skooljare in die geskiedenis. Steenhuisen sê alle skole moet toegelaat word om al sy leerlinge elke dag by die skool te verwelkom, ongeag of die nasionale ramptoestand nog geld.
Hy meen dit sal nie ‘n krisis wees as sommige Covid-19-regulasies verslap moet word sodat alle leerlinge by die skool kan wees nie. “Onderwysers het baie tyd gehad om teen die virus ingeënt te word. Kinders kan nie misbruik word om die regering se “onsuksesvolle” inentingsveldtog vir volwassenes te bevorder nie.”
Volgens hom is daar geen logiese verduideliking oor waarom skole steeds moet voortgaan op ‘n rotasiebasis nie. Hy voer verder in die brief aan dat daar bewyse is dat kinders tussen 60- en 80% van hulle leesvermoë verloor weens skole wat ‘n wisselrooster volg.
I have written to President Ramaphosa, calling on government to immediately allow all schools to open fully. If some or all Covid protocols at schools need to be dropped or relaxed to enable this, so be it.
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) January 13, 2022
Every child needs to be in class. The pandemic has become endemic in SA. pic.twitter.com/IpbShqVCNA