2 Augustus 2023
Iran het ‘n tweedaagse vakansie vir staatswerkers en banke landwyd aangekondig, nadat temperature in dié land drasties gestyg het weens ‘n hittegolf.
Volgens die staatsmedia word temperature in die veertigs verwag terwyl dit in baie stede in die suidweste nader aan 50-grade Celcius gaan wees.
Skole is ook gesluit.
‘n Regeringsverteenwoordiger, Ali Bahadori Jahromi sê die besluit is geneem om openbare gesondheid te beskerm weens die ongekende hitte – selfs vir dié woestynland. Hospitale is ook op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas.
Die land se gesondheidstelsel is die afgelope paar dae oorval met hitte-verwante gesondheidskwessies en mense is aangeraai om binnenshuis te bly.
Foto: New York Times
