Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Skandale onheilspellend vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)

Nuuskommentaar: 22 Maart 2022

Deur: Reiner Duvenage

Verlede week is twee skandale in die land se gesondheidstelsel aan die kaak gestel. In die eerste plek, het die Spesiale Ondersoekeenheid voor die Spesiale Tribunaal aangevoer dat die Digital Vibes-kontrak ’n geldwasseryskema was, wat geld aan oudminister Zweli Mkhize en sy familie oorgedra het.

Die Mkhize-familie het na die Spesiale Ondersoekeenhied se beraming met sowat R10 miljoen uit die skema gebaat. Daar word beweer dat Mkhize sy gesagsposisie gebruik om te verseker dat die Departement van Gesondheid se kontrak vir die Nasionale Gesondheidsversekeringveldtog aan Digital Vibes toegeken word.

Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid het Mkhize voorts sy noue kontakte by Digital Vibes gebruik om geld na ander maatskappye wat aan hom gekoppel is, oor te dra. Die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag het ook bevind dat Digital Vibes se kontrak onregmatig uitgebrei is om mediaveldtogte vir COVID-19 in te sluit.  In dieselfde week het dit bekend geword dat die Chris Hani Barangwanath Akademiese Hospitaal se voedselvoorraad opgeraak het en verpleegsters van hul eie fondse gebruik moes maak om pasiënte te voed.

Hierdie twee voorvalle illustreer sowel die endemiese probleem van korrupsie by die Departement van Gesondheid, as die vervalle toestand van die staat se bestaande gesondheidsorg-infrastruktuur. Ten spyte van die goed gedokumenteerde mislukkings in die gesondheidsektor weier die staat om sy eie onvermoë om gesondheidsorg te bestuur, te erken. Inteendeel, die regering wil sy beheer oor gesondheidsorg monopoliseer en sentraliseer deur Nasionale Gesondheidsversekering te implementeer. Hierdie wetgewing sal die einde van private mediese sorg tot volg hê en die hele land afhanklik van die staat se gebrekkige dienslewering maak.

Afgesien van die feit dat korrupsie en wanbestuur só ’n stelsel sal kelder is die voorgestelde wetgewing eenvoudig onbekostigbaar vir die belastingbetaler. Die vakbond Solidariteit het bereken dat Nasionale Gesondheidsversekering ’n finansieringsgaping van tussen R33 miljard en R226 miljard sal veroorsaak. Die staat kan dit dus slegs finansier deur nog meer belasting by die reeds oorbelaste belastingbetaler in te vorder.

Om die ware omvang van die potensiële ramp wat Nasionale Gesondheidsversekering sal veroorsaak te verstaan, moet ’n mens egter kyk na die verdoemende reaksie van mediese praktisyns op die voorgestelde wetgewing. In ’n 2021 meningsopname het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bevind dat 38% van hul lede beplan om te emigreer indien dit geïmplementeer word. ’n Verdere 17% van lede was op die tydstip onseker of hulle as gevolg van Nasionale Gesondheidsversekering sou emigreer, terwyl 6% reeds beplan het om weens ander redes te emigreer. Dit spreek vanself dat die tekorte wat veroorsaak word deur hierdie massa-emigrasie van gesondheidswerkers ’n totale ineenstorting in die gesondheidstelsel sal meebring.

Die regering bemark Nasionale Gesondheidsversekering as ’n manier om na arm Suid-Afrikaners om te sien wat legitieme bekommernisse oor die gebrek aan toegang tot kwaliteit gesondheidsorg het. Dit is egter onbekostigbaar, sal geneig wees tot korrupsie en wanbestuur en sal die emigrasie van gesondheidsorgwerkers veroorsaak. Die private mediesefondssektor het sy probleme en moet hervorm word om meer mededingend te word. Deur egter weg te doen met private mediese fondse, soos die wetsontwerp beoog, sal miljoene mense van hul bestaande toegang tot kwaliteit gesondheidsorg ontneem. Daarom moet die burgerlike samelewing en individue druk op die regering plaas om die huidige stelsel te hervorm en nie die huidige roete te volg wat die ineenstorting van die totale gesondheidsorgsektor sal veroorsaak nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende