25 Oktober 2023
Die mynwerkers wat nie deur die loop van die dag by ‘n Gold One-myn in Springs na die oppervlak terug gekeer het nie, sou na verwagting vanaf 14:00 na die oppervlakte gebring word.
Volgens AMCU se organiseerder by dié myn, Musa Khalipha, het hy kennis gekry dat die ondergrondse mynwerkers kennis gegee het dat hulle na die oppervlak wil terugkeer.
Hy het na hulle lede se optrede verwys as ‘n sitstaking – terwyl hul mededingende vakbond, die NUM, gesê het hul lede word gyselaar gehou.
Khalipha het bygevoeg dat die mynwerkers boodskappe aan leiers bogronds gestuur het, wat hul voorneme aandui om hul drie dae lange protesoptrede te beëindig.
Die Polisie bly sigbaar binne die mynterrein terwyl sommige werkers – wat aan AMCU verbonde is – buite die heining perseel slagspreuke skree en oproerende liedere sing.
Foto: Thapelo Morebud, Sowetan Live