Die Singapoer Lugdiens gaan $10 000 of sowat R187 000 in skadevergoeding betaal aan diegene wat ligte beserings opgedoen het nadat een van die vlugte verlede maan ernstige turbulensie getref het.
‘n 73-jarige Amerikaanse passasier is dood toe hy glo ‘n hartaanval gekry het. Die vliegtuig was op pad van Londen na Singapoer. Oor Mianmar was die turbulensie so erg dat die vliegtuig sowat 54 meter ver geval het in 4.6 sekondes. Die vliegtuoig moes ‘n noodlanding in Bangkok, Thailand doen.
Videos en foto’s is wyd op sosiale media versprei waarin die ernstige skade aan die vliegtuig duidelik sigbaar was.
Vir diegene wat ernstiger beseer is bied die lugdiens ‘n bykomende $25 000 Amerikaanse doller of sowat R467 000 vir mediese onkostes.